Vier leerders van Hugenote Laerskool het Saterdag 18 Januarie aan ’n Boland-tweekampbyeenkoms deelgeneem. Hulle is ook na afloop van die byeenkoms in die Boland-streekspanne opgeneem wat op 1 Februarie by die interprovinsiale Boland-kampioenskap in Oudtshoorn sal deelneem. Van links is Ulrich van der Westhuizen, Erik van Zyl en Jean Retief (almal in die o.11-ontwikkelingspan). Marike Duvenage is in die o.11 B-span opgeneem.