Hoër Meisieskool La Rochelle het Saterdag 25 Januarie die meisiesafdeling oortuigend by die Stellenberg-atletiekbyeenkoms gewen. Dié byeenkoms het by Hoërskool Stellenberg in Bellville plaasgevind. Larries het 19 goue, 11 silwer- en nege bronsmedaljes gewen. La Rochelle neem op 1 Februarie aan die Twizza-superskolereeks in Pretoria deel. Die atlete Janke Oosthuizen en Elke Maree is gereed vir die byeenkoms.