ATKV vroue-uitstappie

Die ATKV-vroue reël elke jaar ’n bus wat ’n groep vroue uitneem vir ’n dag vol pret.


Die ATKV-vroue reël elke jaar ’n bus wat ’n groep vroue uitneem vir ’n dag vol pret.

Verlede jaar het hulle besoek afgelê by die Biscuit Mill in Kaapstad en vanjaar sal die uitstappie hulle na die Root 44-mark in Stellenbosch neem.

Dit is ’n heerlike dag van lag, gesels, eet en samesyn en dié wat wil inkopies doen, kan ook so maak.

Kaartjies is ’n R100 per persoon en is by die Wellington Museum beskikbaar. Alle ander uitgawes is vir eie sak.

Die bus vertrek Saterdag 11 Maart om 09:00 vanaf die NG Kerk Wellington-Oos se parkeerterrein en sal weer terug wees teen 16:00.

Kontak Chalene by chalenelandsberg@yahoo.com vir besprekings of navrae.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.