Wellington se ATKV-gesinstak het op sy jaarvergadering twee Wellingtonners met oorkondes vereer. Frans van Vuuren (naaslinks) het die sertifikaat ontvang vir uitstaande diens aan die Wellington-gemeenskap. Hy is die eienaar en apteker van ’n bekende apteek in Wellington. Wellingtonners is dit eens dat hy baie besorg is oor al sy klante en hy verskaf uitstekende diens aan die dorp. Die tweede ontvanger is Dalene Stuurman (naasregs). Sy het as skoonmaker by Wellington-munisipaliteit begin, was toe die “tee-dame” en vandag is sy die senior ingenieursklerk. Die sertifikaat word aan haar toegeken vir haar vriendelike bystand en hulp aan die publiek – altyd gereed met ’n glimlag en ’n geselsie. Saam met die ontvangers is Sybil Kotze (ATKV) en Tharina Schweidler (voorsitter van Wellington-ATKV). Foto: