ATKV-treinekskursie na die Kaap

’n Spesiale trein vertrek 14 November vanaf Welington na Kaapstad en weer terug na Wellington. Dit is deel van ’n spesiale uitstappie wat gereël is deur die Wellington ATKV wat gemik is op die hele gesin.

Die trein sal slegs vir mense wees wat deel is van die uitstappie en daar sal veiligheidswagte teenwoordig wees om te verseker dat die rit vlot verloop.

Die koste is R70 per person (groot en klein).

Die trein vertrek om 08:20 vanaf Wellington-stasie en veilige parkering sal beskikbaar wees oorkant die straat by Wellington Wines. Die uitstappie behoort ongeveer 17:00 te eindig.

Geniet dus ’n onvergeetlike dag saam met die ATKV. Bel Roné Sills by 021 872 5544 of 062 053 3114 vir besprekings en verdere inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.