Die sportkomiteelede by Paulus Joubert Sekondêre Skool in Klein Nederburg was verlede Woensdag ná hope opwinding teleurgesteld toe die Argentynse rugbyspan se besoek by die sopkombuis gekanselleer is. Die oorspronklike reëling was aanvanklik dat die Argentyne ná hul mededingende spel teen Suid-Afrika Dinsdag by die skool se sopkombuis besoek sou aflê om sop vir die plaaslike minderbevoorregte kinders uit te deel. Ongelukkig was die verlies op die rugbyveld te groot en die Argentyne kon nie hul afspraak nakom nie. Tog is geurige sop saam met ’n heerlike vars broodjie steeds met groot blydskap uitgedeel. Bo deel Rachel de Wee, Samantha van Zitters, Tameron Brown en Verenique Cecils stomende koppies sop aan die kindertjies uit.Foto: Heleen Rossouw


Argentyne kry rooikaart by sopkombuis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article