Die kranige Springbokspeler Kurt-Lee Arendse van die Paarl is besig om een van die bekendste name in wêreldrugby te word ná puik vertonings in die Groen-en- Goud.

Sy pad na roem het gewis nie maklik gekom nie, en die feit dat hy eers ses jaar ná skool sy senior Curriebeker-buiging gemaak het, spreek boekdele. Gewoonlik maak spelers tussen twee en drie jaar ná skool hul merk op senior vlak.

Voordat Arendse in Curriebeker-wedstryde gespeel het, het hy eers onder Neil Powell en Ranfred Dazel as Springbok 7’s-speler naam gemaak.

Arendse het in die afgelope twee wedstryde in die jaareindreeks wat in Engeland, Ierland en Europa afgespeel het, gewys hy is ’n sterk kandidaat vir volgende jaar se Wêreldbeker.

Hy het net in die jaareind­reeks ’n pragdrie in elke wedstryd gedruk, en twee teen Italië. Rugbyskrywers gee hom 9 uit 10 punte.

Die 19-jarige Canan Moodie, oud-leerder van Boland Landbouskool was Saterdag ook op die veld teen die Rose en Grant Williams, ’n oud-Gimmie, was op die bank.

You need to be Logged In to leave a comment.