Aqueelah Maasdorp, ’n Laerskool Paulus Joubert-leerder, is deel van dié skool se feesvieringe en het onlangs aan die Suid-Afrikaanse vereniging van dansafrigting, rasieleiers en trompoppies (FDDCMSA) se toernooi deelgeneem. Aqueelah leef die skool se leuse “Mik hoog” met trots uit. Sy het in dié toernooi ’n eerste plek in die junior vlag-solo, junior staf-solo, junior vry-duo/trio en junior pom-pom-solo gewen. Sy is ook as die naasbeste trompoppieleier aangewys. Sy is ’n lid van die Avondale-trompoppieklub. By haar, met haar pryse, is Paulus Joubert se trotse skoolhoof, Kenneth Uren.