4-6 APRIL
Die gewilde Wyn- en Wildsfees keer terug na Sandringham, Stellenbosch, en beloof ‘n naweek vol topklas-vermaak, wynproe en avontuur. Feesgangers kan uitsien na optredes deur musikante soos Matthew Cleaner, GoodLuck en Henru & Schawbie. Besoekers kan ook wyn proe, 4×4-safari’s aandurf en gesinsvriendelike aktiwiteite geniet. Moenie hierdie unieke fees misloop nie. Besoek diewynenwildsfees.co.za om kaartjies te bespreek.
11 APRIL
Singer and guitarist Mel Botes brings his Dominoes performance to the ATKV Bôrdienghuis Theatre with brilliant renditions of the legenadry sounds of Pink Floyd and Dire Straits. Doors open at 17:30 with pizza and wine sales and the show starts at 19:00. Tickets cost R120 and are available from Jeannine on 061 156 5386.
12 APRIL
Jacques Steyn tree by die ATKV Bôrdienghuis-
teater in Wellington op met Sirkelkringe, ‘n een-man- multimedia kabaret wat bestaan uit musiek in lewende lywe, vertellings en geprojekteerde beelde. Die storie word vertel met ‘n paar van sy eie komposisies asook heelwat internasionale bekende liedjies wat bekend gemaak is deur onder andere die Beatles se George Harrison, Jacques Brel, Charles Aznavour, Simon & Garfunkel, Nina Simone, Moody Blues, Luciano Pavarotti, Michel Legrand – als in Afrikaans. Jacques het in die verlede skouers geskuur met Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Anton Goosen, Piet Botha en Jannie du Toit en in omtrent alle genres opgetree – luisterliedjies, alternatiewe Afrikaans, musiek- teater, kabarette by kunsfeeste, rock bands, blues bands en “cross-over”- ligte klassieke musiek. My band 2B2 het by die eerste Houtstok opgetree en twee van sy nommers is op die Houtstok-album ingesluit. Die deure open reeds om 17:30 vir lekker samesyn en pizza, wynverkope en die konsert begin om 19:30. Kaartjies kos R120 per persoon en is beskikbaar by Jeannine by 061 156 5386.