Die geliefde Liedjieboer, ook bekend as Anton Goosen, het Vrydag in die Paarl by die Zomerlust-gastehuis opgetree. Goosen het die gehoor vermaak en die mooiste vertolkings gelewer van sy mees geliefde liedjies, soos “Waterblommetjies”, “Silwer de Lange” en “Jantjie”. Hy sê hy het ’n baie sagte plekke vir die Paarl, waar hy in die jare tagtig by die destydse Waterblommtjie-fees opgetree en talle goeie vriende gemaak het, soos Herman van der Merwe, Chris Swanepoel, Lex Daneel en Pietie van Aarde, oor wie hy lekker staaltjies vertel het. Maar bowenal het Goosen weer gewys dat hy ’n meester op die gebied van musiek en liriek is. Bo saam met hom ná die vertoning is Janette Wiehan, Anne Kruger en Lise Beyers.