Anmi Slabbert, ’n gr.5-leerder aan die Laerskool Paarl Gimnasium, is by die laaste oudisie gekeur om lid van die Tygerberg-kinderkoor te word. Om lid van hierdie wêreldbekende en -bekroonde koor te wees, behels toewyding en harde werk. Anmi het ook gekwalifiseer vir kykNET se Sing Aanlyn. Dit geleentheid behels ’n jaar se aanlyn sangopleiding deur ’n professionele sanger waarna Anmi aan ’n televisieproduksie gaan deelneem wat spesiaal vir kykNET opgeneem gaan word.
Anmi sing geleenthede los
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.