André Swiegers by die Bôrdienghuis

Die bekende liedjieskrywer en sanger, André Swiegers, is vanaand, 19 Mei, om 20:00 te sien in die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teaterkafee in Wellington.


Die bekende liedjieskrywer en sanger, André Swiegers, is vanaand, 19 Mei, om 20:00 te sien in die Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teaterkafee in Wellington.

Hy is hier met ’n splinternuwe vertoning, Déjà vu, waarin André die liedjies opdiep uit die kelder van sanger-liedjieskrywers wat hom geïnspireer het om self musiek te maak. Hy herleef sy musiekreis, van die sestigs tot nou. Kom luister onder meer na sy weergawes van Bob Dylan, The Beatles, Paul Simon en Peter Sarstedt se werk.

Kaartjies is R100 en pizza’s is vooraf te koop by die teater. Skakel Jeanne-Mari Gerber vir meer inligting en besprekings by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.