Donderdag 1 Augustus om 19:00 hou Paulus Joubert Sekondêre Skool sy jaarlikse Mej. Paulus-kroningsaand in die skoolsaal.
Die eregaste wat die beoordeling sal behartig, is Angelique Hendricks (Mej. Kaapstad 2018), Maxine Cillie (Mej. Wes-Kaap 2018), Tanya Wolmarans (Mev. Wes-Kaap 2018), Jesswill Baker (Mnr. Wes-Kaap 2018) en die nuutste Mnr. Suid-Afrika, Heinrich Gabler.
Die tema van die geleentheid is: “World Cup”.
Die toegangsgeld is R10 per persoon. Vir verdere navrae, bel die skool by 021 862 3480 of bel Greg Resort by 083 972 0734.