Talle inwoners van die Paarl het Saterdag tydens Wêreld-skoonmaakdag saamgespan en langs die Bergrivier skoongemaak. Die skoonmaak-uitstappie is deur die Vriende van die Bergrivier (VvB) en die Mbeko-ekoklub gelei. Daar word voor die einde van vanjaar nog ’n skoonmaakoperasie beoog. Hier is Margaou Prins besig om ook te help vullis optel. Vir meer inligting oor VvB en hoe om betrokke te raak, bel Glen Grier by 082 787 5719.Foto’s: Chantélle Hartebeest


Almal staan saam om Bergrivier skoon te kry

You need to be Logged In to leave a comment.