Doemsie-skool in Wellington het onlangs ’n spogtee gehou. Vier van die Busy Beez het die geleentheid bygewoon en is benoem as die besgeklede gaste by dié geleentheid. Chanel Becker (gr. RR-onderwyser by Doemsie), Gwen Thóle, Roseline Paulse, Brenda Williams, Sylvia Antonie (almal van die Busy Beez) en Cari Badenhorst (gr. RR-onderwyser by Doemsie) het die dag geniet. Marciel Hopkins (vorige Mej. SA, model en leefstylafrigter) en Juanri du Toit (konsultant vir mode en skoonheid sowel as kleremaker en modeskepper) was die gassprekers.