Alles op spel in twee eindstryde

In ’n spannende voorwedstryd verlede Saterdag in die Boland-stadion in Wellington het Touwpark gewys waarom hy volgende seisoen ná sy promosie weer in die Langeberg-afdeling se Groot Streekuitdaagkompetisie gaan meeding. Dit kom nadat hy Villagers va


In ’n spannende voorwedstryd verlede Saterdag in die Boland-stadion in Wellington het Touwpark gewys waarom hy volgende seisoen ná sy promosie weer in die Langeberg-afdeling se Groot Streekuitdaagkompetisie gaan meeding. Dit kom nadat hy Villagers van Newton in Wellington in een halfeindstryd in die Streekuitdaag-kompetisie met 28-19 verslaan het. Hy was teen rustyd met 10-11 agter.

Hoewel Touwpark die wedstryd verwoed begin het, was dit Villagers Newton wat die voortou neem toe sy heelagter, Enric Jeftha, met ’n strafskop slaag. Touwpark se Clayton Isaacs (losskakel) maak sake kort hierna gelyk toe hy ook met ’n strafskop sukses behaal.

Touwpark neem kort hierna die voortou toe Leighton Kolella (buitesenter) skitterend deurbreek. Toe Kolella voorgekeer word, was Jean van Nooy (flank) by om af te rond. Isaacs verdoel om Touwpark met 10-3 te laat voorloop. Newton se agterstand krimp toe Jeftha met nog ’n strafskop slaag. Newton neem teen rustyd die voortou toe Christo Paulse (haker) oorgaan vir ’n onvervyfde drie.

Kort ná die begin van die tweede helfte neem Touwpark weer die voortou toe Dominic van Wyk (linkervleuel) oorgaan vir ’n onvervyfde drie. Die voorsprong rek verder toe Isaacs kort ná mekaar met twee strafskoppe slaag. Newton se agterstand krimp toe Jeftha met ’n strafskop sukses behaal. Van Wyk gaan egter kort hierna onder die pale oor en met Isaacs se geslaagde doelskop rek Touwpark se voorsprong na 28-14.

Hoewel die Wellingtonners met ’n verbete aanslag kom en Usher Olyn, die plaasvervangeragsteman, kort hierna oorgaan vir ’n onvervyfde drie, verdedig Touwpark die laaste paar minute van die wedstryd skitterend en stap met trots as oorwinnaars van die veld.

. Touwpark reis Saterdag na Wellington om teen nog ’n Langeberg-streekspan, McGregor, te staan te kom om te bepaal wie as Boland Rugby se 2024-Streekuitdaag-kampioen gekroon sal word.


Saterdag vind die Top-12-eindstryd ook in die Boland-stadion plaas wanneer Worcester Villagers en Robertson Town mekaar pak in wat beloof om ’n senutergende kragmeting te wees.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.