Al hoe meer klagtes oor spazawinkels

Dit is regtig kommerwekkend hoe baie klagtes en bewerings deesdae versprei word oor “middels” wat in spazawinkels se produkte gevind is.


Dit is regtig kommerwekkend hoe baie klagtes en bewerings deesdae versprei word oor “middels” wat in spazawinkels se produkte gevind is.

In Gauteng is die situasie selfs erger – kinders word gehospitaliseer en ondersoeke word nou deur verskeie regeringsdepartemente gedoen.

Wie dra nou eintlik verantwoordelikheid? Sekerlik ons amptenary!

Elke burger in hierdie land het die reg om in ’n gesonde en bevorderlike omgewing te woon.

Die verantwoordelikheid berus by ons regering – plaaslik, provinsiaal en nasionaal – om toe te slaan by spazawinkels en seker te maak dat voedselprodukte op standaard is en seker te maak dat hierdie produkte nie ’n gesondheidsrisiko inhou nie.

Die lewenskoste is hoër as wat dit nog ooit vantevore was. Mense in laer-inkomste-gemeenskappe maak staat op hul naaste spazawinkel om die noodsaaklikhede te koop.

Hoeveel sterftes gaan dit nog vat voordat ons leiers die erns van die saak verstaan en behoorlike oorsig doen?


J.Stoltz, PAARL

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.