Hoër Meisieskool La Rochelle het onlangs puik by die Swellendam-aflosbyeenkoms presteer. La Rochelle is as die algehele wenner in die meisiesafdeling gekroon. Die o.14- en o.15-span het goud in die 4×100 en die wisselaflos gewen. Die o.17-span het goud in die 4×100 en silwer in wisselaflos gekry. Adrienne Gallop, Jody James, Cassandra Malgas en Milan Horn van die o.15-aflosspan is baie trots op hul prestasies.