Laerskool Drakenstein se o.11-aflosspan het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die Paarl-kampioenskap vir laerskole. Dié span is as die kampioenaflosspan vir seuns o.11 gekroon. Skyler Carolissen, Quade Francis, Thay Matjan en Umair Abrahams gaan op 15 Februarie aan die Boland-sentraal se atletiekkampioenskap deelneem.