‘Adam Small’

Digter gebore, geskep vir mensdom.


Digter gebore, geskep vir mensdom.

Lewe in die tuine van God se rykdom.

Met pen in die hand was saadjies geplant,

‘Kitaar my kruis’ en ‘Ko laat ons sing’ diep in

die sand.

Soos die wingerdstokvrug was ‘Smalls’

uitgevoer

Van VSA tot London was die oes mee getoer.

‘Coloured’ en kleurvol staan die nasie verstom.

Sy moedertaal, ’n simfonie van klank speel hard op sy tong.

Frustrerend en doelgerig was die ‘evergreen’ saadjies geplant.

‘Kanna hy ko hystoe’ ’n toneel eg aan ons land.

Gedwonge verskuiwings, rasseklassifikasie en diskriminasie

Vasgevang in die bundel ‘Sê Sjibbolet’ met sjarme en grasie.

“Maar kom nou vriend, moenie dat dit jou verbaas ‘ie,

ons saailinge sal vir ewig lees van die sensasie.” – Ghaireyah Fredericks.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.