Die jaarvergadering van die ACVV in Wellington vind 11 Oktober plaas.

’n Gasspreker, Cheslin Grobbler, sal sy inspirerende verhaal oor sy sukses met die gehoor deel. Hy is tans die eienaar van Fleet Coffee, ’n mobiele onderneming wat hoëgehalte, handgeroosterde, barista-styl koffie verkoop.

Die vergadering begin om 10:00 en vind by Silwerkruin plaas. Die finansiële state van die ACVV maatskaplike dienste, Silwerkruin Huis vir Bejaardes en die dienssentrum sal ook vir insae beskikbaar wees. Enigeen wat belangstel is welkom om die vergadering by te woon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article