Die ACVV op Wellington se jaarvergadering vir 2017 vind Woensdag 18 Oktober by die Silwerkruin-sentrum vir Bejaardes in Fonteinstraat plaas.
Die gasspreker by die geleentheid is Danelene Ruiters van Genesis Innovation van Stellenbosch. By die byeenkoms sal die Wellingtonse ACVV se finansiële state vir die jaar ook bespreek word.
Almal word uitgenooi om die vergadering by te woon. Vir meer besonderhede kan Malene Hartmann by 073 359 8959 of die ACVV by 021 873 2204 geskakel word.


