Dit is weer aarbeiseisoen en vanjaar, ná ’n koue en nat winter, word ’n goeie oes verwag. By die prettige Rooirok-stalletjie in Ceciliastraat, Paarl, waar pragtige vars aarbeie vyf dae per week te koop is – vars van die plaas af – smul John-David (8) en Michael Bourbon-Leftely (5) heerlik saam met hul ouma Deonette aan dié vars lekkerny.Foto: Lise Beyers