Tientalle mense is verlede Donderdag dakloos gelaat toe ’n brand in die vroeë oggendure by opslaanwonings in Amstelhof uitgebreek het.
Volgens Drakenstein-plaaswag is hulle omstreeks 02:10 in kennis gestel van die brand, waarna hulle na die toneel gehaas het. Hulle het ook erkenning gegee aan inwoners op die toneel wat baie behulpsaam was en gehelp het om die brand in bedwang te bring.
Inwoners van die opslaanwonings wat afgebrand het, het baie van hul besittings verloor.
Gelukkig is niemand in die brand beseer of dood nie.
Gerald Esau, Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, het die brand bevestig.
Hy sê 10 opslaanwonings het gebrand en altesaam 52 mense is hierdeur geraak.
“Drakenstein-brandweerdienste was vinnig op die toneel en is ondersteun deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se brandweer, Drakenstein Farmwatch en Tuncor. Die vinnige optrede van die brandweerspanne het verhoed dat die brand verder versprei. Die oorsaak van die brand is onbekend en sal ondersoek word.”
Esau sê die munisipaliteit het intussen noodverligting, soos kospakkies en komberse, aan diegene verskaf wat deur die brand geraak is. Die behuisingsafdeling het ook noodtoerusting aan die mense voorsien. . Dozens of people were left homeless last Thursday after a fire broke out in the early hours of the morning at dwellings in Amstelhof.





