25 Januarie 1974
R750 000 VERKOPE
Nagenoeg ’n duisend mense het Dinsdag een van die grootste veilings wat nog in die Boland gehou is, op die plaas Caledonville, Agter-Paarl, bygewoon. Lewende hawe en plaasimplemente het onder die hamer gekom.
Die 200 diere in die wildpark op die plaas is privaat aan mnr. Danie Marais van Sarafiland verkoop deur die vorige eienaar, mnr. J. Smit.
Kopers van so ver as Natal, O.V.S. en Oos-Kaapland het die veiling, wat R750 000 opgelewer het, bygewoon. Onder hulle was die broer, skoonseun en dogter van die Eerste Minister.
Die plaas is onlangs verkoop vir R450 000. Nog ’n plaas van die vorige eienaar, Koopmanskraal, is onlangs verkoop vir R115 00.
Mnre. J. van Rooyen en A. Kitching van Boland Bank het Dinsdag se reuse-veiling behartig.
OIL TO COAL
A K.W.V. spokesman told Paarl Post yesterday that they were making a switch from oil to coal. An old boiler which formerly used coal but had not been in use for a considerable time, was being taken out of ‘moth balls’ to be pressed out into service again as a coal-burner. The K.W.V. aimed at drastically reducing its oil consumption.
A big distillery at Stellenbosch was also switching over to coal, the K.W.V. spokesman said.
The advantage of using coal was that its price was under control whereas with oil there was no price control at all.
POLISIE GEBRUIK WEER FIETSE
Die polisie maak nou weer van fietse gebruik in ’n poging om brandstof te bespaar. ’n Woordvoerder van die polisie het die Paarl Post meegedeel dat dit nie net besparing meebring nie, maar ook die manne fiks hou. Fietse word gebruik om klagtes binne ’n radius van 3 km van die polisiekantoor te ondersoek.

