14 September 1973

Dalk R40 000 skade: Mnr. Johannes Hugo van die plaas Solomonsvlei het na raming Dinsdagoggend tussen R20 000 en R40 000 skade gelei toe ’n vragmotor tussen ’n trop van meer as 150 geregistreerde Jerseybeeste ingejaag het. Die ongeluk het op die Nasionale Pad in Klein Drakenstein plaasgevind. Die beeste was nie verseker nie en die aangeleentheid is in die hande van ’n regsverteenwoordiger geplaas, na die Paarl Post verneem.

19 Chalets being built: The Owen Wiggins Trust Co. Ltd of Paarl states in its annual report that they are selling township land as fast as approval can be obtained and at the time of writing, all their bigger townships had been fully sold out. They could not produce enough land to achieve their target of building 50 houses in Paarl and Wellington alone.

Verklaring oor tussen-verkiesing: Mnr. J.I. de Villiers L.P.R. het gister ’n verklaring aan die Paarl Post uitgereik. Dit lui soos volg: “Omrede skerp kritiek uitgespreek deur my teenoor die Paarlse Stadsraad in verband met die beplanning van sy finansies, die bou van nie-produktiewe munisipale skemas van R2 miljoen ongeag die vermoë van die munisipale kieser om daarvoor te betaal, die gevolglike verhoogde belasting wat ons nou in die gesig staar, die bevriesing van normale ontwikkeling van die Paarl om dit in ’n toeristeoord te omskep en die jongste uitlatings van die Burgemeester in verband daarmee, het aanleiding gegee tot ’n gerug dat ek my verkiesbaar stel in die munisipale tussenverkiesing in wyk 3.

Reviving the chamber of commerce: A woman is to lead a campaign to revive the Paarl Chamber of Commerce which has been dormant for the past four years. This emerged at a meeting held at the Central Hotel and presided over by Mr. Willie Rousseau, former president of the Association of Chambers of Commerce of Southern Africa.

R13 in straat opgetel: ’n Beursie met R13 in note en ’n bietjie silwergeld is in die Hoofstraat reg oor die hof opgetel. Die geld is aan die polisie oorhandig, met wie die eienaar in verbinding kan tree.

You need to be Logged In to leave a comment.