24 November 1972

Du Toitskloof speed limit: Motorists driving through the Du Toitskloof Pass this weekend are warned that a temporary speed limit of 30 km an hour had been imposed and will remain in force until after the weekend. This is because the Paarl side of the pass has been tarred and there are still small lose stones lying about. Part of the pass on the Worcester side has also been tarred.

Munisipaledienstesubsidie: Die provinsiale administrasie het besluit om ambulansdienste te subsidieer, meld ’n munisipale-verslag. Die Paarlse ambulansdiens voldoen aan die vereistes en standaarde gestel en hierdie tegemoetkoming sal beslis vir Paarl voordelig wees.

River road now open: The new river road between Lady Grey Street and Market Street is now open to traffic which is making good use of it. This is a modern double-lane road, built alongside the Berg River. It is a main artery which will relieve the traffic-congested areas in the centre of the town. The building of this road has caused a complete section of the town to disappear and hundreds of people were moved. Paarl’s new R2 million civic centre will rise on both sides of the river road. The administrative block, costing nearly R1 600 000, is at present being built on one side of the road.

Woongebied kry 360 erwe: ’n Nuwe woongebied word in Wellington ontwikkel. Dit is aan die Bainskloof-kant van die dorp geleë en bestaan uit 360 erwe. Dit is die grootste enkele woongebied wat nog in Wellington aangepak word.

Jeug daag gesag uit: ’n Beroep op alle ouers om nooit hul plig te versuim om dissipline en die aanvaarding van gesag by die jeug in te skerp nie, is deur mnr. C.D. Koch, hoof van die Paarlse Hoër Jongenskool, gedoen. Tydens die skool se jaarlikse prysuitdelingsfunksie in die plaaslike stadsaal, het mnr. Koch gesê dat die aanvaarding van gesag en die beoefening van dissipline in sy verskillende vorms, essensieel vir die goeie orde in elke gemeenskap en straat is.

You need to be Logged In to leave a comment.