17 November 1972
Nuwe melk op mark: Melk wat deur middel van ’n nuwe proses verwerk word en reeds in die vernaamste Suid-Afrikaanse stede verkrygbaar is, het ook in die Paarl en Wellington in die mark gekom. Die “nuwe” melk is bekend as homogeniseerde melk. Dit beteken net dat die bottervet opgebreek en meer eweredig deur die melk versprei is. Om dit te kan doen, word ’n spesiale masjien vereis wat in die betrokke melkery se fabriek in Paarl geïnstalleer is. Hierdie fabriek is vroeër vanjaar teen aansienlike koste gemoderniseer.
Society held two garden contests: The Paarl Town Beautifying Society, which aims at beautifying the town in various ways, will organise a big programme next year of outings, lectures and expeditions. The annual meeting just held, was attended by 80 women. The society held two competitions for gardens, one for the Paarl residents and the other for the Paarl East residents.
Haarkapper-skoonheidsalon in ’n hotel: ’n Hotel op Franschhoek is seker een van die min plattelandse hotels in die land wat sy eie luuksuese haarkapper- en skoonheidsalon het. Ook kan mans en vroue in hierdie salon met drank bedien word. Dit is die Hugenote Hotel. Die eienaar van die hotel, mnr. Attie Louw, het gesê die haarkappersalon is pas voltooi teen ’n koste van sowat R12 000. Nie slegs die mense wat in die hotel tuis gaan nie, maar ook die publiek word in die salon bedien.
Teams win 6-0: Third round women’s bowls matches for the Muter Cup have taken place. In Section C, Paarl B beat Maitland by 6-0, after scoring 60 shots to Maitland’s 26.
Tafeldruiwe in somer-reëngebied: Belangstellendes in tafeldruifprodukte in die somer-reëngebied neem steeds toe. Die navorsingsinstituut vir tuinbou verwag dat groter oppervlaktes onder tafeldruiwe in die komende paar jaar in dié gebied aangeplant sal word.
Armistice Day observed: Armistice Day was observed at the War Memorial in Hof Street on Sunday and was attended by ex-servicemen and ex-servicewomen. The War Memorial by the way, has still not been fenced in.

