Vrydag 3 November 1972
DONSSKIMMEL OP PLASE: In die Winterreënstreek is gevalle van donsskimmel nou ook op plase in die omgewing van Klein-Drakenstein, Wellington, Voor- en Agter-Groenberg, die Suider- en Agter Paarl, asook op Klapmuts en etlike plase langs die Bergrivier bevestig. In verskeie gevalle is jong druiwetrossies aangetas en ernstige verliese kan verwag word indien tydige beheermaatreëls nie toegepas word nie
Change After Thirteen Years: After 13 years, a change has been made in the secretaryship of the South African Nurserymen’s Association. Mr. A. J. Basson, of Rose Street, Paarl, was the secretary for the past 13 years but Mr. Basson has stepped down from the position and the new secretary is Mr. H. P. H. Behrens of Pretoria.
Vrugteboeredag: Een van die grootste boere-aangeleenthede van die jaar het gister op Bien Donne, die Westelike Provinsie-Vrugtenavorsingplaas op Groot-Drakenstein, plaasgevind. Dit was die jaarlikse W. P. Vrugteboeredag wat honderde boere en hul eggenotes uit alle dele van die Wes-Kaap gelok het.
32 Million Fruit Trees and Vines: The annual congress of the South African Nurserymen Association was officially opened in the Banqueting Hall on Tuesday by Dr. P. G. Marais, Director of the Research Institute for Fruit and Fruit Technology. He said that during the 1972 season 32 million marketable fruit trees and vines were available at registered nurserymen.
Boland Water: Die Groter Boland-waterskema is ’n netwerk van damme, tonnels, kanale en pypleidings wat die beskikbare watervoorraad moet opgaar, vervoer en betyds beskikbaar stel aan al die sektore van die ekonomiese bevolking van die Groter Boland om die bestaande en toekomstige ontwikkeling van die gebied groter versekering, produksie en woonruimte te bied, het die Minister van Waterwese, mnr. S.P. Botha, gister op Bien Donne, Groot-Drakenstein, gesê. Botha het die W.P.-Vrugteboeredag geopen.

