27 Oktober 1972

Skoonmaak van rivier: By die jaarvergadering van die Bergrivier-Besproeiingsraad in die Kleinsaal, het die voorsitter, mnr. Rocco Joubert, verklaar dat ’n heffing van R1 per hektaar vir die lopende jaar van toepassing sal wees. Dit sal ’n surplus teweegbring wat aangewend sal word vir die verwydering van obstruksies in die Bergrivier.

Mother and daughter in smash: When the rim of a wheel flew off, a car went out of control and overturned on the Agter Paarl road on Wednesday. The driver of the car was Mrs. E. Mostert of Nel Street, Wellington. The car was wrecked but Mrs. Mostert climbed out of the wreckage with minor injuries. She was discharged from Paarl Hospital after treatment. Her daughter Hantie (14), who was with her in the car, was, however, seriously injured and was yesterday still in the hospital, where she was undergoing X-ray examination.

Dominee word professor: Dr. J. W. V. van Huyssteen wat 11 jaar in die gemeente Noorder-Paarl werksaam was, verhuis vandag na Port Elizabeth waar hy ’n professoraat aan die Universiteit van Port Elizabeth aanvaar het. Hy het Sondag sy afskeidspreek in die gemeente gelewer.

10 stolen bicycles: Ten stolen bicycles have been recovered, some hidden away in dense bush bordering Paarl East. Paarl East residents who are missing bicycles, are requested to call at the Magistrate’s Office with a view to identifying the machines. Arrests have been made.

Halfjaar se winste R572 800: Boland Bank het aangekondig dat die ongeouditeerde gekonsolideerde wins van die Bank en sy filiale vir die halfjaar geëindig 30 September, R572 800 beloop. Verlede jaar was dit R507 500. Dit beteken ’n verdienste van 14,8c per aandeel teenoor 13,2c in 1971.

Groot plaas se nuwe baas: Die geskiedkundige plaas Parys staan nou onder nuwe bestuur. Dit is pas oorgeneem deur mnr. Rocco Joubert jr., van sy vader, mnr. Rocco Joubert, sr. Dit is Paarl se grootste wynplaas.

You need to be Logged In to leave a comment.