20 Oktober 1972

Historiese plase verkoop: Twee plase in Dal Josafat – Lanquedoc en Werkerslust – van mnr. H. Louw is aan die Nederburg-wynmaatskappy verkoop vir ’n bedrag van meer as R320 000. Nederburg wen baie pryse op die Kaapse Wynskou, o.a. goue medaljes. Die twee plase sal Nederburg voorsien van drie spesiale soort druiwe vir sekere soorte wyne.


Police reservist arrests 3:
A police reservist here, P. du Plessis, was this week responsible for the arrest of three men and the recovery of a stolen car. He was on duty with a police van when he saw a car make a reckless turn. Deciding to investigate, he followed the car and forced it to stop.


Skooldogter wen R40:
Die uitslag van die Tweetaligheidskompetisie van die Reklamevereniging is bekendgemaak. Hesti van der Mescht van La Rochelle is die wenner. Sy ontvang R40 en ’n diploma. Die wenners van die ander skole is Terryel van Rensburg (Handelskool), James van Dyk (H.J.S.), Ilse May (Gimnasium) en Maritha Meyer (H.M.S.). Hulle ontvang elk R10.


Death corner victim:
‘Death Corner’ at Klapmuts has claimed another victim. This is the notorious Klapmuts-Stellenbosch intersection where a Bellville car was wrecked when it hit a pole there this week. The driver, Mr. Donald Brooks, 45, of Tulbagh Street, Monte Vista, was killed.


Vader en seun red konstabel:
Die heldhaftige optrede van ’n inwoner van Kenilworth, mnr. Edgar C. Roseveare en sy 12-jarige seun, Mark, het Saterdagaand 14 Oktober die lewe gered van die 21-jarige konst. J. G. van Zyl van Darling. Konst. Van Zyl het in die moeilikheid beland toe hy op ’n gevaarlike plek langs die Darlingse kus gaan swem het.


Ate grapes, boy died:
A small boy died and another was taken ill after they had eaten grapes, seemingly sprayed with insecticide. This was disclosed at an inquest held by Mr. J. M. Lemmer in the Paarl magistrate’s court on Willem Hendricks, 4. Mr Lemmer found that death was due to parathion poisoning, presumably taken by the boy himself.

You need to be Logged In to leave a comment.