22 September 1972
3 Dood in motor: Drie persone is gedood en drie bewusteloos na die hospitaal vervoer nadat ’n motor Woensdag teen ’n brug op die nasionale pad tussen Klapmuts en Muldersvlei gebots het. Die motor is ’n wrak. Al ses insittendes is uit die motor geslinger.
Weer ’n roof-voorval op die berg: Nog ’n besoeker uit die buiteland is op Paarlberg beroof toe R60 uit die handtas van mev. Reissig van Tumlingen, Duitsland, gesteel is. Sy en haar eggenoot het saam met haar broer, mnr. K. Hauser van Oranjezicht, Kaapstad en Paarlberg besoek.
14 Workers refused to work: Fourteen workers, employed in the electricity department of the Paarl Municipality, downed tools yesterday and refused to continue with their work. A spokesman for the workers said that they were not satisfied with the wages they were being paid and wanted more money.
Duikers vind twee lyke: Duikers van die polisie-reserviste in Kaapstad het Dinsdag die lyke van twee seuns, wat Sondag in ’n dam op die plaas Salem verdrink het, uit die water gehaal. Hulle het ná 20 gevaarlike minute van duik die liggame van C. Carolissen en G. Davie gevind.
Knife in youth’s head:
An 18-year-old youth, Mr. Nolan Ruiters, of a farm in the Wellington area, was taken by a Paarl ambulance to the Karl Bremer Hospital, with a knife embedded in his head at the temple. The knife, which had a three-and-a-half inch blade, was plunged into his head up to the hilt. He was stabbed during a quarrel over a girl, by another youth, identified as his brother.
Boer vang motordief: ’n Boer van Lindam, naby die Paarl, mnr. Bennie Burger, het hierdie week in die Bellvillese gebied ’n gesteelde motor 20km agtervolg. Twee persone was in die motor en na ’n wilde jaagtog, het hy een van die persone gevang. Die ander is ook gearresteer.
14 Gold medals:
Nederburg Estate of Paarl has achieved fantastic results at the annual Monde Selection wine show held in Geneva. The estate entered 14 wines and won 14 gold medals with these wines.

