15 September 1972
Weer eerste burger: Soos verwag, is mev. Adrienne Koch Woensdag vir die tweede agtereenvolgende jaar verkies tot burgemeesteres van Paarl. Mnr. Nico Combrink is verkies tot onder-burgemeester. Die vorige onder-burgemeester, mnr. A.R. King, is verlede week tydens die munisipale verkiesing verslaan in Wyk 5.
- Vrou se bediende vermoor:
Roberto Moni (90) dies: The death occurred in Italy at Lucca yesterday of Mr. Roberto Moni, Grand Old Man of the SA wine industry, at the age of 90. He started the giant wine firm Monis at Paarl in 1906 and lived here for many years in Mill Street. The firm is now known as Moni’s and Sedgwick Taylor.
Boere moet baie lig loop: Talle boere in die Paarlse area loop gevaar om in die hof vervolg te word. Hulle het nog nie hul landbousensusvorms teruggestuur nie. Die sluitingsdatum was gister. Die sensus word deur die polisie behartig. ’n Woordvoerder van die polisie het aan die Paarl Post gesê dat boere wat nie hul voltooide vorms terugstuur voor die sluitingsdatum nie, vervolg kan word. Vorms is aan 257 boere in die Paarlse distrik gestuur en 65 boere binne die munisipale area. Die sluitingsdatum is met rooi onderstreep, maar tot eergister het slegs 100 boere hulle vorms teruggestuur, het die woordvoerder verklaar.