8 September 1972

Nuwe Stadsraad – weer twee dames: Die munisipale verkiesing is agter die rug en Paarl het weer twee dames in die Stadsraad. Die enigste vroulike kandidaat in die verkiesing, Elize du Toit, eggenote van die K.W.V.-voorsitter, het ook die grootste aantal stemme getrek. Adrienne Kock, die burgemeesteres, is onbestrede verkies. Die onderburgemeester, A.R. King wat die afgelope 17 jaar in die stadsraad gedien het, is in wyk 5 verslaan.

Another sports ground:
A new sports ground is to be built at Paarl. It will be laid in Mbekweni here for its residents. About 6 000 residents live in Mbekweni and many of them are keen rugby followers. The new sports ground will be used for among others the playing of rugby. Paarl architects have been instructed to draw up plans for the sports stadium and a Cape Town firm of quantity surveyors has been appointed. The cost of the stadium will be about R90 000.

Dame vang motoris dronk agter stuurwiel: ’n Man, Theo Davids (50), is in die hof gevonnis tot R80 of 2 maande op ’n aanklag van dronkbestuur en sy rybewys is vir 6 maande ingetrek. Davids is in hegtenis geneem nadat ’n vrou, Hester du Plessis, hom verhoed het om verder te bestuur deur die sleutel van sy motor te verwyder. Du Plessis het getuig dat sy op 4 Augustus agter ’n motor in die Hoofstraat gery het. Sy het gesien dat die motor van die een kant na die ander swaai en die remme is kort-kort aangeslaan. By ’n rooilig het sy uit haar motor gespring en die bestuurder beveel om uit te klim.

Memorial service to slain Israelis:
A memorial service to the Israeli athletes killed at the Olympic Games by Arab terrorists, will be held in the Paarl Synagogue on 14 September, it was announced at a Jewish New Year market in the Talmud Torah Hall here on Wednesday night. The service will be conducted by Rabbi A. Levy, himself an Israeli, who arrived at Paarl from Jerusalem last year.

You need to be Logged In to leave a comment.