19 Mei 1972

R4 385 – ringe gesteel: Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ’n waaghalsige diefstal Maandagmiddag in ’n juweliersaak in Lady Greystraat gepleeg is nie. Drie-en-twintig ringe te waarde van R4 385 is tussen 2nm. en 5nm. uit die winkel van die American Swiss Watch-Maatskappy gesteel. Die ringe moes verwyder gewees het onderwyl die assistentes besig was met kliënte. Blykbaar is net diamantringe gesteel.

Convicts hide in mountain: Two escaped convicts are hiding in a rugged and densely overgrown mountain in Agter-Paarl. They were with other prisoners on the farm, Vondeling, of Mr L Smith, where they were working. While the gang was working near a large plantation of trees in a mountainous area of the farm, the two men disappeared. The plantation and the mountain were searched but until late last night, no trace of the two prisoners had been found. They are long-term convicts and must be considered dangerous.

Tabakboere vier 60ste verjaarsdag: Die Westelike Provinsie Koöperatiewe Tabakkwekersmaatskappy, een van die oudste koöperasies in die land, hou op 25 Mei sy 60ste jaarvergadering in die kantore van die maatskappy in Suider-Paar. Aangesien die bedryf op die vooraand van ’n geweldige ontwikkeling staan, en daar tans groot belangstelling heers in die verbouing van tabak, word ’n groot aantal produsente by die vergadering verwag. Die Boland is die enigste gebied in Suid-Afrika waar goeie Turkse tabak produseer word.

History was made: History was made at Paarl when the first inter-provincial micro-car racing meeting was held, with the Western Cape beating Transvaal.

Bevolkingsontploffing: Op 15 Mei het die plaaslike Huisvrouforum die bevolkingsontploffing bespreek. Hieruit blyk dit dat die ontwikkelde lande (Wes-Europa, Australië, Sowjet-Unie, Japan, Noord-Amerika en Nieu-Zeeland) ’n goed gebalanseerde sterfte- en geboortesyfer handhaaf, terwyl ontwikkelende lande (Asië, Afrika, Latyns-Amerika) wat sowat twee-derdes van die wêreldbevolking bevat, egter ’n te hoë geboortesyfer in verhouding met die sterftesyfer het.

You need to be Logged In to leave a comment.