Altesaam 21 vroue en een manlike bestuurder van ‘n ligtevragmotor het hoofsaaklik hoof-, nek- en rugbeserings opgedoen.

Foto: Verskaf

21 vroue en een man is vanoggend (Maandag) in die vroeë ure in ‘n enkelvoertuig-ongeluk van ‘n ligtevragmotor op die Wemmershoekpad (R301) beseer.

Volgens ‘n nooddienste werker op die toneel was daar altesaam 22 mense, wat vermoedelik plaaswerkers is, in die ongeluk naby Boschenmeer-landgoed beseer. 

“Slegs een voertuig, ‘n Kia-lorrie, was in die voorval betrokke. Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor waarna die voertuig omgekeer het. Die voertuig was taamlik oorlaai,” het hy aan Paarl Post gesê.

Die slagoffers het hoofsaaklik hoof-, nek- en rugbeserings opgedoen. Geen noodlottige gevalle is op die toneel aangemerk nie.

Talle nooddiens-rolspelers het op die toneel reageer. ‘n Polisiebeampte op toneel sê ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur sal deur Paarl-polisie ondersoek word. 

  • 21 Women and one male driver sustained various injuries early on Monday morning following a single vehicle accident near the Boschenmeer Farm entrance on the Wemmershoek Road (R301). According to a paramedic on scene, it is alleged the driver of the vehicle lost control of the heavy motor vehicle, possibly due to an overload of passengers. Paarl police will investigate a charge of reckless and negligent driving.

You need to be Logged In to leave a comment.