25 January
A baboon had the whole of Paarl abuzz as it walked through the streets of central Paarl this week, before adopting the Drakenstein municipal headquarters in the Berg River Boulevard as it’s home. The male baboon was first noticed in the industrial area of Distillery Street, close to the Berg River on the weekend.
The baboon presumably found it’s way into Paarl from the nearby Du Toits Kloof mountains which are densely inhabited by baboons. But it remains a mystery as to why it left it’s natural and safe habitat to enter the heart of Paarl.
The baboon had been circling and climbing up and down the municipal headquarters for hours and caused quite a headache for law-enforcement officers as to how they were going to capture and remove the baboon safely.
A law-enforcement officer on the scene said that after consultation with CapeNature on the issue, it was confirmed that the baboon’s relocation rests on the municipality, and not on CapeNature.
In the meantime the municipality had been given a cage-trap to try and trap the baboon, but this had so far been unsuccessful.
This was the first sighting of a baboon within the city limits of Paarl in 11 years, when a lone male baboon wandered the residential edge of Paarl Mountain for weeks, before presumably being killed by farm dwellers in Paarl South.
2 Mei
’n 47-jarige man van Hermanus, wat na bewering perlemoen onwettig vervoer het, het in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal beland nadat hy in ’n jaagtog met die Paarl-polisie deur ’n gebou in die dorp geploeg het. Volgens kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, was die voorval op 30 April in die vroeë oggendure en die man is “vir die besit van perlemoen asook roekelose en nalatige bestuur” deur lede van die Paarl-polisie asook die Winelanddistrik-blitspatrollie in hegtenis geneem.
Die verdagte het in ’n BMW probeer vlug – vermoedelik reeds uit Franschhoek – waarna hy toe in die Paarl beheer oor die voertuig verloor nadat ’n band gebars het en in ’n sakeperseel op die hoek van Hoofstraat en Klein Reservoirstraat in die Paarl vasgejaag. Die sakeperseel behoort aan ISA Architects, maar word verhuur aan die Mountain River Group wat wynvate en ander wynbehandelingsprodukte verkoop en uitvoer.
Dié historiese gebou dateer uit die 1800’s.
Ongeveer 2 300 perlemoene is in altesaam 22 sakke in die voertuig aangetref, het Du Plessis. gesê.
10 Oktober
Die Drakenstein-krematorium is sedert 2011 in private besit nadat die huidige eienaar, Johann van der Merwe, dit gekoop het en dit sedertdien glo onder ’n kleed van geheimhouding bestuur word.
Twee bronne met wie PaarlPost gesels het en nie hul name genoem wil hê nie om hul reputasie te beskerm, het verduidelik dat die krematorium aan beweerde onwettige aktiwiteite skuldig is, soos om liggaamsweefsel, beendere en as op stortingsterreine in die Drakenstein-vallei te strooi weens ’n tekort aan kapasiteit om oorskot behoorlik te veras.
Volgens die bronne was die Drakenstein-krematorium van 2011 tot 2016 gemagtig om slegs agt liggame per dagskof (08:00 tot omstreeks 18:00) te verbrand, waarna ’n lisensie ná 2016 goedgekeur is wat die getal opgestoot het na 16 liggame binne ’n 24-uur-tydperk.
Die krematorium het glo nooit hieraan gehoor gegee nie tussen 30 en 40 liggame is uiteindelik per dag veras.
Weens die hoeveelheid liggame wat ingeneem is, beteken dit ook dat die krematorium meer as een liggaam – dikwels saam met honde – veras het, waarna die oorledene se familie nie uitsluitlik hul geliefde se as sou ontvang nie.
Honde se karkasse is ook deur die krematorium ingeneem om veras te word, wat as ’n aanvullende inkomste vir die krematorium gedien het. Hierdie praktyk is wel wettig indien die krematorium ’n lisensie daarvoor het, wat die Drakenstein-krematorium wel tot 2023 gehad het.
Wat egter onwettig is, is om karkasse saam met liggame te veras.
Die krematorium word intussen deur die nasionale departement van omgewingsake (Groen Skerpioene) ondersoek.