Twee verdagtes, Levern Williams (25) en Jean Paul Coetzee (40) van Paarl-Oos, sal tot 15 Augustus aangehou word nadat hulle glo by ’n huis in Paarl-sentraal ingebreek het.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, sê die twee verdagtes sal weer in die Paarl-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en die besit van gesteelde goedere.

“Dit volg nadat die twee verdagtes Saterdagmiddag (6 Augustus) toegang tot ’n oop deur in die huis verkry het. Hulle is kort daarna deur die eienaar in besit van ’n skootrekenaar en ’n handsak betrap.

“Die huiseienaar het daarin geslaag om een verdagte vas te trek toe hulle van die toneel af wou vlug nadat die ander verdagte in sy huis vasgevang was.”. Two suspects, Levern Williams (25) and Jean Paul Coetzee (40) from Paarl East, have been remanded into custody until 15 August for burglary and possession of stolen property. This follows after allegedly entering a residence via an open door and stealing a laptop and handbag from a house in Paarl Central on Saturday (6 August).

You need to be Logged In to leave a comment.