Die jong Paarlse akteur Caleb Payne het onlangs geskiedenis gemaak toe hy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat ’n Young Artist Academy-prys ontvang het.

Dié prys vir jongmense is soortgelyk aan die gesogte Amerikaanse pryse soos die Academy Awards (Oscars) en Grammy Awards.

Volgens Caleb se ma, Marlene Payne, was hy ses jaar oud toe hy in ’n advertensie van ’n Duitse supermark gespeel het. Sy talent het die regisseur van die advertensie stomgeslaan, wat toe aanbeveel het Caleb moet toneelspel oorweeg.

“Caleb is in die Paarl gebore en ons het Stellenbosch toe getrek voordat hy skool toe moes gaan. Ons woon al sedert 2012 in Stellenbosch. Hy ontvang tuisonderrig.”

Caleb het reeds ’n gewigtige portefeulje van die projekte waarvan hy al deel was. Dit sluit in vyf flieks soos The Fix en The Kissing Booth 3, waarvan die fliek Good Life deel is. Caleb het die prys vir sy rol as Jetmir in die Netflix-fliek ontvang.

Die première van Good Life was in 2021 op die aanlyn stroomplatform. Dit gaan oor ’n jong vrou wat mondhigiënis is en uit Kaapstad na Griekeland vlug om ’n gebroke hart te probeer oorkom. In Griekeland ontmoet sy ’n jong Albanese vlugteling wat haar wys wat is ’n “good life”.

Die 11-jarige akteur het ook die rol van Leo in die plaaslike KykNet-rolprent Asseblief & Dankie vertolk.

Caleb was ook te sien in seisoen 1 van die gewilde Netflix-reeks Resident Evil.

Hy is ook bekend met teaterwerk en het in 2018 by die Woordfees as JanJan in Melk & Vleis opgetree.

“Ek is baie trots op hom. Dit is nie iets wat ons verwag het en daarvoor gewerk het nie. Dit was ’n groot verrassing en effens van verligting, dink ek. Dit is nie altyd lekker om in mededinging te wees nie. As jy nie wen nie, is dit nie lekker nie, maar die feit dat hy gewen het, was nogal ’n verligting. Ek is regtig baie trots op hom, want as hy met ’n projek besig is, werk hy baie hard en hy is baie gefokus.”

Caleb en sy pa, Stanford, is nog in Los Angeles, waar die prysuitdeling gehou is. Hulle vlieg volgende week terug Suid-Afrika toe. . The young Paarl-born actor Caleb Payne recently made history when he became the first South African to receive a Young Artist Academy award.

You need to be Logged In to leave a comment.